WIE & WAT IS RKP

Vyf vroue reis deur die Suid-kaap in Januarie 2010 en die radio kanaal waarop hulle luister gaan verlore in Meiringspoort. “Ons moet ons eie radio kry” sê een. En dis presies wat toe gebeur, toe ons aansoek om ‘n klas-lisensie om as ‘n gemeenskapsradio uit te saai, goedgekeur was deur ICASA en die lisensie uitgereik word in Julie 2011.

Our Vision is to grow, together with our communities into a quality radio station in the Western Cape, that serves both these communities, as well as the province.

Vandag staan twee van die vyf vroue nog sterk en bestuur nou saam met twee ander mans.

DOREEN

Doreen is ‘n oud-onderwyseres, opvoedkundige en vorige projek-bestuurder binne menige nie-regerings orgasisasies, onder wie SACHED hoog tel. Sy het diep spore getrap in die bevrydingsbeweging en glo standvastig aan die reg op vryspraak soos bevestig deur die Grondwet van 1996.

SYLVIA

Silvia was van die min ware briljante onderwysers voor 1994, soos meeste van haar studente sal getuig. Sy tree uit die onderwys na meer as drie dekades, dit nogal sonder ‘n pensioen en sluit aan by die South African Qualifications Authority as ‘n projek bestuurder. Sy bestuur en gee toe self les in volwasse-onderwys klasse, sowel as Engelse letterkundigheid.